Local NewsNews

Budjieskou – ‘n eerste vir Polokwane

Op Saterdag, 17 Februaie word oud en jonk na die eerste van vier budjie skoue wat in Laerskool Pietersburg Noord Primary se koshuis saal gaan plaasvind, uitgenooi.

POLOKWANE – Volgens een van die skou organiseerders Dries van Wyk, is hy reeds van ‘n jong ouderdom by voëls betrokke en sy liefde vir teel en skou net aanhou groei het.

Inwoners kan tydens die skou hulle vrae aan die telers rig en gaan ook ‘n geleentheid kry om die budjies te aanskou. Laerskool Pietersburg Noord Primary se koshuis saal het plek vir sowat 430 voëls en daar is reeds 200 voëls wat aan die skou gaan deelneem, bevestig.

Die voëls gaan ondermeer volgens hulle kleur beoordeel word en gaan deur twee van die bekendste name in die budjie skou wêreld Tom Linch en Johan Lucas beoordeel word.

The Association for Wild-Type and Exhibition Budgies of South Africa Voorsitter Johan Lucas.

Johan Lucas is ook die voorsitter van The Association for Wild-Type and Exhibition Budgies of South Africa en gaan as voorsitter van AWEBSA nie net beoordeel nie, maar gaan ook raad gee oor die verskeie aspekte van teel en skou.

Ingang by die skou is gratis en die voëls sal vanaf 09:00 in die koshuis saal te siene wees. Die ingang van die saal is in Voortrekkersaal.

Vir meer inligting kontak Dries van Wyk by 084 606 2600.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button