NewsSchools

Interhoëraksie op sy beste

Hoërskool Pietersburg (PHS) se atlete behaal uitsonderlike prestasies tydens die interhoërbyeenkoms en Marcelle de Jager en Zenobea Jewaskiewitz verbeter twee rekords.

Hoërskool Pietersburg (PHS) se atlete behaal uitsonderlike prestasies tydens die interhoërbyeenkoms en Marcelle de Jager en Zenobea Jewaskiewitz verbeter twee rekords.

Marcelle de Jager stel ‘n nuwe rekord van 5,39 m vir o.17-meisies in verspring op.
Marcelle de Villiers, o.15, behaal ‘n tweede plek in 100- sowel as die 200 m-naellope.
Leon Potgieter, o.15, is die naas­wenner in die 100 m-hekkies (13.97 sekondes) en verwerf goud in die 300 m-hekkies in ‘n tyd van 42.24 sekondes.
Abigail de Jager, o.15 verwerf goud in spiesgooi met ‘n afstand van 32,86 m.
Met ‘n afstand van 5,55 m wen Theuns Jooste, o.14, die verspring.
In die o.16-verspring vir seuns behaal Keegan Menzies ‘n wenafstand van 6,30 m.
Zanru Jewaskiewitz is deel van die o.16-aflosspan wat ‘n eerste plek behaal.
Die o.19-atleet, Dirk van der Merwe in aksie met gewigstoot waarin hy met ‘n afstand van 13,13 m ‘n tweede plek behaal.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button