NewsSchools

Lim-­kleure vir Osies se hokkie­spelers

Verskeie o.12- en o.13-hokkiespelers van Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) is onlangs in die Limpopo laerskolehokkiespan ingesluit. Storie en foto’s: KAREN VENTER >>karen@observer.co.za

Verskeie o.12- en o.13-hokkiespelers van Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) is onlangs in die Limpopo laerskolehokkiespan ingesluit.

Storie en foto’s: KAREN VENTER
>>karen@observer.co.za

Marno Roos is vir die o.13A Limpopo hokkiespan gekies. Hardus Ferreira was afwesig.
Die o.13B-meisies wat in die provinsiale span ingesluit is, is Larashé Pretorius, Emma Veldman, Elandri Geldenhuys en
Cailin Menzies. Agter is Ansonel Venter, Robin Oberholzer, Kayla de Villiers en Carina Steele.
Seuns, o.13B, wat Limpopokleure verwerf het, is Franco le Roux, Jeandré Reynders, Ruben Weyer en Wian Terblanche. Agter is Marlo van Ghent, Dewaldt Vosloo en Willie Cronje.
Die o.12-meisies wat vir die Limpoposapan gaan uitdraf, is Veronique Lessing, Ashley Moreira, Minette Burger, Anke Schulenburg en Clerise Vosloo. Agter is Jeante Korff, Meri Swanepoel, Eddie Human (afrigter), Malinda Swart en Neline Saayman.
Die o.12-seuns wat in die span ingesluit is, is PZ de Jager, Regard Ferreira en TJ Conradie. Agter is Andrew Stopforth, Herbert Burger en JW Dreyer.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button