NewsSchools

Loopbaanmoontlikhede by PHS onder die vergrootglas

Een van die grootste keuses wat ‘n tiener in sy lewe maak, bly ‘n loopbaankeuse. Om hiermee te help, hou Hoërskool Pietersburg jaarliks ‘n loopbaanuitstalling sodat leerders en ouers vroegtydig kosbare inligting oor tersiêre- en privaatinstansies se loopbaanmoontlikhede kan bekom. Die uitstalling is verlede Donderdag in die skoolsaal met ongeveer 50 uitstallers gehou wat van …

Een van die grootste keuses wat ‘n tiener in sy lewe maak, bly ‘n loopbaankeuse.
Om hiermee te help, hou Hoërskool Pietersburg jaarliks ‘n loopbaanuitstalling sodat leerders en ouers vroegtydig kosbare inligting oor tersiêre- en privaatinstansies se loopbaanmoontlikhede kan bekom.
Die uitstalling is verlede Donderdag in die skoolsaal met ongeveer 50 uitstallers gehou wat van die geleentheid gebruik gemaak het om voormalige studente te werf.
PHS-skakelbeampte, Elmari Craig sê die uitstalling word jaarliks deur die lewensoriëntering-departement georganiseer en lok uitstallers regoor die land. “Plaaslike skole sowel as dié in die provinsie se graad 11- en 12-leerders maak van die geleentheid gebruik om vroegtydig ingeligte keuses oor hul naskoolse studies te maak.”

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Armand Roetz van Potchefstroom Academy Campus saam met Lesedi Mononela en Oreratile Segooa van PEPPS Polokwane Preparatory School and College.
Sportgeesdriftiges van PHS, Drian van den Heever, Zanru Jewaskiewitz, Theresa van Staden, Louise van Ryneveld en Mercia Scheepers saam met Anton Rautenbach van Eta College.
Megan Venter en Cherize Jordaan van CVO Skool Vivo saam met ‘n verteenwoordiger van die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniging (FAK), Quinton Davis.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button