NewsSchools

Suidskool leer meer oor sterre, planete in planetarium

‘n Groot opblaaskoepel het verlede Donderdag en Vrydag leerders van Pietersburg Laerskool (PLS) in die skoolsaal begroet waar hulle onder meer oor sterre, planete en die maan touwys gemaak is. ‘n Maatskappy van Pretoria fokus om met dié mobiele planetarium, waarin bewegings van hemelliggame aanskoulik voorgestel word, laerskoolleerders behoorlik aan die gons te kry oor …

‘n Groot opblaaskoepel het verlede Donderdag en Vrydag leerders van Pietersburg Laerskool (PLS) in die skoolsaal begroet waar hulle onder meer oor sterre, planete en die maan touwys gemaak is.
‘n Maatskappy van Pretoria fokus om met dié mobiele planetarium, waarin bewegings van hemelliggame aanskoulik voorgestel word, laerskoolleerders behoorlik aan die gons te kry oor die wonderwêreld waarvan die meeste min weet.
In die pikdonker planetarium is ongeveer 80 leerders op ‘n slag gehuisves wat na ‘n dokumentêre opleidingsprogram oor onder meer planete, maanfases, sterre en die son gekyk het.
Suidskool-skakelbeampte, Charlotte van den Berg sê die skool het besluit om die maatskappy te nader omdat groot dele van die senior leerders se kurrikulum in die aanbieding vervat word. “Op dié manier het leerders ‘n beter begrip van die hemelruim en al sy skatte en verstaan hulle die lesinhoud in die klasse beter.”

 

Story en foto: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button