Booswigte op heterdaad betrap
Suricat Sekuriteit se reaksie-offisiere meen hulle het 'n groot deurbraak gemaak toe hulle Woensdagoggend drie booswigte op heterdaad betrap het terwyl hulle 'n huis in Impalastraat geplunder het.
MOKOPANE- Volgens Rassie Erasmus, reaksie-offisier, is ‘n noodoproep om 08:10 ontvang van ‘n inwoner wat onraad by dié leë huis vermoed het.

Erasmus en Elvis Nkosi is inderhaas daarheen en het twee mans binne die huis vagetrek. Die derde man het deur die dak ontsnap maar woedende inwoners het hom buite die erf vasgetrek.Daar is beslag gelê op elektriese drade, messe en ‘n skêr.

“Ons probeer nog vasstel wie die eienaar van die huis is, sodat ‘n saak geopen kan word. Al drie verdagtes word tans in die polisieselle aangehou.”
Erasmus sê dié voorval is ‘n groot deurbraak omdat die drie verdagtes die afgelope tyd deur die polisie gesoek is vir inbrake in die Bokkedorp.




