Bosveld NewsNews

Kom herleef en deel in Mokopane se ryke geskiedenis op 24 Maart

'n Pretvolle dag wag vir besoekers met verskillende stalletjes wat besoek kan word.

MOKOPANE – Nadat die Mokopane Besigheidskamer vanjaar saam met die span van Working on Fire die Arend Dieperink Museum skoongemaak en van die oorgroeide bosse op die terrein ontslae geraak het, is daar besluit om ‘n Museumdag op 24 Maart te hou om die ryke geskiedenis van die museum weer te herleef.

‘n Interessante uitstalling van die dorp se geskiedenis is binne die museum te sien.

Yolande Coetzee, DA raadslid wat help met die organisering saam met die Mogalakwena Munisipaliteit en Mokopane Besigheidskamer, sê die dag gaan gebruik word om die gemeenskap, veral kinders, bewus te maak van die ryke geskiedenis en om die inwoners meer betrokke by die museum te maak.

“Ek dink daar is soveel mooi in die dorp en ‘n geskiedenis wat interessant is, wat uitgestal word.”

‘n Pretvolle dag wag vir besoekers met verskillende stalletjes wat besoek kan word. Daar sal vars oondgebakte brode te koop wees, demonstrasies van hoe om kleiosse te maak, mieliemeel te maal, boerseep te maak en ook hoe om behoorlik kettie te skiet. Limpopo Classic Car Club gaan ook klassieke motors uitstal. Begeleide toere deur die museum behoort ook ‘n trekpleister te wees.

Ingangfooie beloop slegs R5 en gaan gebruik word om die museum verder op te knap. Die ingang in Ruiterweg kan gebruik word. Die verrigtinge begin 08:00 tot 14:00.

lionel@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button