Kleuters maak kennis met entrepreneurskap
Kleuters van Akademie Reformia se Kleinbegin Pre-primêre Skool het Vrydag ‘n voorsmakie gekry van wat entrepreneurskap inhou toe hulle met die hulp van ouers en leerkragte ‘n entrepreneursdag by die skool aangebied het. Tafels met wafels en roomys, pizza en stokworsies is goed ondersteun en voorraad was gou uitverkoop. Skoolhoof, Hennie Combrink sê ouers en …

Kleuters van Akademie Reformia se Kleinbegin Pre-primêre Skool het Vrydag ‘n voorsmakie gekry van wat entrepreneurskap inhou toe hulle met die hulp van ouers en leerkragte ‘n entrepreneursdag by die skool aangebied het.
Tafels met wafels en roomys, pizza en stokworsies is goed ondersteun en voorraad was gou uitverkoop.
Skoolhoof, Hennie Combrink sê ouers en personeel van die skool het die verkoopwerk gedoen omdat die kleuters nog nie opgewasse is vir die taak nie en eerder saam met hul maatjies aan die lekkernye gesmul het. “So leer hulle speel-speel wat van hulle verwag word soos wat hulle groter word.”
Hy het ook bygevoeg dat die opbrengs in die skoolfonds gestort word.
Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com





