Te kies en te keur by Pieties-markdag
Die reuk van gebraaide wors laat enige persoon se mond water, maar dit was nie die enigste item op Hoërskool Pietersburg (PHS) se markdagspyskaart wat die Pieties verlede Vrydag in lang rye laat staan het nie. Pizza, melkhorinkies, lekkergoed, koeldrank, gegeurde melk, roomys en spookasem was van die items wat die tafels laat kreun het …

Die reuk van gebraaide wors laat enige persoon se mond water, maar dit was nie die enigste item op Hoërskool Pietersburg (PHS) se markdagspyskaart wat die Pieties verlede Vrydag in lang rye laat staan het nie.
Pizza, melkhorinkies, lekkergoed, koeldrank, gegeurde melk, roomys en spookasem was van die items wat die tafels laat kreun het terwyl daar behoorlik handel gedryf is.
Skakelbeampte, Elmari Craig sê enige graad of span kon ‘n stalletjie bespreek wat deur die ekonomiese departement georganiseer is. Die opbrengs van die uitstallersfooie is as prysgeld vir die groep met die beste stalletjie geskenk.
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com







