NewsSchools
Naggholf laat geld vir skool inrol
Avontuurlustiges het Vrydagaand gholfstokke oor nege putjies geswaai en die gloeibal sekuur probeer stuur om geld vir Generaal Piet Joubertskool in te samel. ‘n Organiseerder, Marius Liebenberg, sê hoewel die reën ‘n invloed gehad het, is die aand steeds suksesvol by Goldwagen Noordelikes aangebied. “Naggholf is een van die skool se geldinsamelingsprojekte met die oog …

Avontuurlustiges het Vrydagaand gholfstokke oor nege putjies geswaai en die gloeibal sekuur probeer stuur om geld vir Generaal Piet Joubertskool in te samel.
‘n Organiseerder, Marius Liebenberg, sê hoewel die reën ‘n invloed gehad het, is die aand steeds suksesvol by Goldwagen Noordelikes aangebied.
“Naggholf is een van die skool se geldinsamelingsprojekte met die oog op verbetering aan die terrein en die skool se hulpdiens.”
Pryse het biltongkerwers en skietlampe ingesluit wat ideale geskenke vir die komende jagseisoen is.
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com



At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



