Tommies se netbalspanne loop oor opponente
Ter voorbereiding van die wintersportseisoen het Hoër Tegniese Skool Tom Naudé Saterdag kragte teen Hoër Tegniese Skool John Vorster van Pretoria gemeet. Die vriendskaplike wedstryde het vir groot opwinding onder rugbyhonger toeskouers gesorg, maar die Tommies moes teleurstellend huis toe keer nadat slegs die o.14A-span hul stempel teen John Vorster kon afdruk en 21-0 gewen …

Ter voorbereiding van die wintersportseisoen het Hoër Tegniese Skool Tom Naudé Saterdag kragte teen Hoër Tegniese Skool John Vorster van Pretoria gemeet.
Die vriendskaplike wedstryde het vir groot opwinding onder rugbyhonger toeskouers gesorg, maar die Tommies moes teleurstellend huis toe keer nadat slegs die o.14A-span hul stempel teen John Vorster kon afdruk en 21-0 gewen het.
Op die netbalbaan het Tommies ‘n gans ander prentjie geskets en John Vorster spanne in die grond geboor. Die eerstespan wen 32-11, die o.16-span 22-3, die o.15-span 31-1 en die o.14-span 22-3.
Rugbyliefhebbers kan Saterdag op Tommies se veld kyk hoe hulle in nog ‘n opwarmingswedstryd teen Curro Heuwelkruin vaar.
Die eerste wedstryd begin om 09:00.
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com







