NewsSchools

Wintersport-spanne leer mekaar beter ken

Laerskool Pietersburg-Noord (Noordskool) het Saterdag ‘n vriendskaplike kragmeting aangebied waartydens agt skole in rugby en netbal op die skool se sportterrein sowel as by Hoërskool Pietersburg met die oog op die amptelike seisoen meegeding het. Deelnemende skole was Noordskool, Laerskole Pietersburg (Suidskool), Pieters­burg-Oos, Phalaborwa, Louis Trichardt, Maga­lieskruin,Tzaneen en Messina. Rugbyspanne het van o.9 tot op …

Laerskool Pietersburg-Noord (Noordskool) het Saterdag ‘n vriendskaplike kragmeting aangebied waartydens agt skole in rugby en netbal op die skool se sportterrein sowel as by Hoërskool Pietersburg met die oog op die amptelike seisoen meegeding het.
Deelnemende skole was Noordskool, Laerskole Pietersburg (Suidskool), Pieters­burg-Oos, Phalaborwa, Louis Trichardt, Maga­lieskruin,Tzaneen en Messina. Rugbyspanne het van o.9 tot op eerstespanvlak meegeding en netbalspanne van o.9 tot op o.13-vlak.
Volgens Sumarie Prinsloo van Noordskool, was wedstrydoefening en -blootstelling die doel van die toernooi en was daar geen amptelike uitslae nie. “Op die vroeë stadium van die seisoen is daar nog nie uitblinkers nie.”

Storie en fotos: KAREN VENTER
>>karen@observer.co.za

Hulpdoel vir Suidskool se o.11B-span, Marlize Gerritsen, beheer die bal tydens die span se wedstryd teen Laerskool Phalaborwa.
Andru van Zyl van Oosskool se o.11A-span vat ‘n speler van Laerskool Tzaneen vas in die tweede helfde.
Nare Chokoe van Noordskool se o.12B-span mik vir ‘n doel.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button