NewsSchools

Niemand te jonk om sakeondernemer te speel

Graad 3-leerders van Akademie Reformia het Vrydag fluks sake gedoen met die skool se entrepreneursdag. Ouers en familielede het gehelp om stalle­tjies te beman en die wye verskeidenheid eet- en drinkgoed het genoeg vir elkeen se smaak en sak gebied. Wafels met stroop en roomys was gou uitverkoop en die minihamburgers teen R8 elk het …

Graad 3-leerders van Akademie Reformia het Vrydag fluks sake gedoen met die skool se entrepreneursdag.
Ouers en familielede het gehelp om stalle­tjies te beman en die wye verskeidenheid eet- en drinkgoed het genoeg vir elkeen se smaak en sak gebied. Wafels met stroop en roomys was gou uitverkoop en die minihamburgers teen R8 elk het waarde vir geld gebied.
Skoolhoof, Hennie Combrink, meen graad 3-leerders is al groot genoeg om wins en verlies te verstaan. “Hulle koop hulle eie voorraad met die hulp van hul ouers aan en word geleer hoe om 10% van hul wins te bereken en vir die skool se Bybelverspreidingsprojek te skenk.”

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Inari Fourie en Mienke Els het die lekkergoedtafel goed ondersteun.
JP Coetsee en sy ouma, Lin Nel verkoop lekker­goed vir die soettande.
Cayleigh Caroto en Ashley Weideman se nagereg in glasies was gewild.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button