Local NewsNews

Hoop vir Kinders deel wat hul kan

Hoop vir Kinders is ‘n organisasie sonder winsbejag wat pleegsorg vir kinders aanbied.

POLOKWANE – Daar is vier pleeghuise wat na getraumatiseerde kinders omsien en vir hulle ‘n veilige tuiste skep waarin hulle kan herstel en ‘n normale gesinslewe kan ervaar. Die organisasie is afhanklik van donasies vanaf die gemeenskap om die projek moontlik te maak.

Photos: Verskaf

Hoop vir Kinders leer die kinders dat soos hulle kan ontvang, moet hulle ook kan gee. Dus word daar uitreikaksies gereël waar hulle ongeveer 50 ander kinders tussen die ouderdomme van twee jaar en 18 jaar bedien. Hulle besoek ook ander minderbevoorregde families in die omliggende gebiede.

Gedurende die afgelope skolevakansie het die kinders van Hoop vir Kinders na Tshega Christian Mission uitgereik waar hulle hul kreatiwiteit uitgeleef het deur die nuwe kleuterskool se sement-speelarea in ‘n kleurvolle speelplek te omskep.

Photos: Verskaf

Gerat met verf en kwaste, hul oudste klere aan en baie energie, het die groep ingespring en verskillende speletjies op die sement geverf.

Tshega Christian Mission is ‘n organisasie sonder winsbejag met ‘n humanitêre program wat daarop gemik is om kinders te dien tot hulle jong volwassenes is.

“Ons leer graag ons kinders dat hulle nie net kan ontvang nie, maar ook moet kan terug gee,” vertel Cindy Kruger van Hoop vir Kinders.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button