Bosveld NewsNews

Mokopane se toestand wek kommer

Die Mokopane Besigheidskamer is dankbaar vir die klagtes wat ingedien is rondom die dorp se instandhouding.

MOKOPANE – Probleme wat aangespreek moet word, is verlede week tydens die Tour-around-Town aan die Mogalakwena Munisipaliteit se afgevaardigdes uitgewys.

Die besigheid op die hoek van Lathe- en Pretoriusstraat versper die ingang na Lathestraat.

Andy Goetsch, President van Mokopane Besigheidskamer sê daar was geweldig baie terugvoer vanuit die gemeenskap oor die stand van sake in die dorp.

Die sypaadjie in Rabestraat het ‘n massiewe gat en hou ‘n gevaar vir voetgangers in.

“Ons is oorval met boodskappe wat ons kon voorlê sodat instandhouding en herstel kan plaasvind.” Volgens Goetsch is dit al manier hoe die munisipaliteit verantwoordelik gehou kan word en daar daadwerklik iets aan die probleme in die dorp gedoen sal word. Ons sal die publiek op hoogte hou oor die vordering.”

Die mangat in Dudu Madishastraat moet toegemaak word.

Probleme waaraan aandag geskenk moet word:

• Sloot in Hoogestraat.
• Sypaadjie het ingeval in Rabestraat.
• Geyser- en Thabo Mbekirylaankruising, ingenieursverslag word versoek.
• Ontbosting van bosse aangrensend tot Kameeldoringpark.
• Spoedwalle in Geyserstraat voor Mokopane Primêre Skool.
• Smouse by ingang van dorp.
• Mangat moet toegemaak word in Dudu Madishastraat.
• Opvul van Retiefstraat se sypaadjie wat ingeval het, en die herstel van die pad.
• Besighede wat handeldryf sonder lisensies.
• Die man onder die brug moet verwyder word.
• Besigheid moet voertuie verwyder wat Lathestraat versper.
• Slaggate in Thabo Mbekistraat, Charl Cilliers, Umkomaas, Wilge, Notwani, Gholf klub pad, Voor, Taylor, Van Heerden, Nelson Mandela, en Beytelstraat.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button