Local NewsNews

BREAKING NEWS – Apteek in Cycad sentrum beroof

‘n Onbekende aantal gewapende mans het vanoggend (Donderdag) omstreeks 06:00 na bewering wagte by die Cycad winkelsentrum in die stad oorval en aangehou terwyl hulle die deur van die Clicks apteek oopgeforseer en items van die rakke gebuit het. Een van die wagte het daarin geslaag om ‘n noodknoppie te aktiveer en personeel van die …

‘n Onbekende aantal gewapende mans het vanoggend (Donderdag) omstreeks 06:00 na bewering wagte by die Cycad winkelsentrum in die stad oorval en aangehou terwyl hulle die deur van die Clicks apteek oopgeforseer en items van die rakke gebuit het.
Een van die wagte het daarin geslaag om ‘n noodknoppie te aktiveer en personeel van die sekuriteitsfirma wat vir die beveiliging van die sentrum verantwoordelik is, was kort daarna op die toneel. Die booswigte het hulle toe reeds uit die voete gemaak, het ‘n lid van die veiligheidspersoneel aan Polokwane Observer gesê.
Provinsiale polisiewoordvoerder Moatshe Ngoepe het by navrae nog nie kennis van die voorval gedra nie.

Storie & foto: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button