Bosveld NewsNews

Vergadering in belang van inwoners

Die maandelikse Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) vergadering is Dinsdag by die Mokopane polisie lapa gehou.

MOKOPANE – Misdaadsake is bespreek en die polisie word so ingelig van probleme wat aandag benodig. Andy Goetsch, Voorsitter van die GPF, sê sake wat bespreek is, is dat elke area‘n sub-forum moet stig.

“Die voorsitters van die forum kan elke maand enige klagtes of onwettige bedrywighede aanmeld by die GPF vergaderings en die polisie kan aandag daaraan gee.”

Lees meer: GPF sukses deur samewerking

Volgens Goetsch is die meeste klagtes huisbraak en diefstal uit voertuie.

“Die publiek moet onthou om hulle motors se deure gesluit te hou, want daar is baie grypdiewe by die verkeersligte. Moet ook nie skootrekenaars, selfone en handsakke sigbaar laat lê in jou motor nie, want dit trek aandag.”

Goetsch sê van die inwoners het gevra dat die munisipaliteit aandag moet gee aan die oorbeboste areas, want talle mense word daar beroof.”

Volgens die polisie is teikengebiede veral uitbreiding 12, agter Soetdoring in De Klerkstraat, Akasia en Chroompark.

Goetsch sê daar is baie diefstal in uitbreiding 12 omdat daar tans baie bouwerk daar is. “Bouers moet seker maak dat al hulle werkers Suid-Afrikaanse burgers is of mense met wettige werks- en verblyfpermitte.”

Dit is onder die polisie se aandag gebring dat sjebeens en mense met groot luidsprekers tot laat in die nag baie raas en ‘n groot ontwrigting vir die inwoners is. Die polisie het onderneem dat indien hul gekontak word, sal hul aandag daaraan gee.

Goetsch sê ook daar word baie uit motors gesteel in die nag en die inwoners moet nie hulle motors buite los op sypaadjies nie.

“Dit is beter om te verseker dat jou motor in ‘n toesluitmotorhuis of agter in jou erf geparkeer is. Daar was genoem dat sommige mense vals verklarings aflê om van die versekering te eis soos byvoorbeeld skootrekenaars of selfone. Die polisie waarsku dat sulke mense aangekla sal word en hul versekeringsmaatskappye in kennis gestel sal word.”

Goetsch sê daar is ook gerugte dat mense by wie daar ingebreek word, nie die moeite doen om ‘n klag te lê by die polisiestasie nie.

“Dit is nodig dat elke misdaad aangemeld word, sodat die polisie‘n goeie rekord kan hou van misdaad in ons gebied. Dit help ook die polisie om dan te weet waar om te patroleer.”

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button