Local NewsNews

Wat om te doen met onteiening

Tydens 'n besoek van AfriForum in die stad is inwoners meer oor grondonteiening ingelig.

POLOKWANE – Tydens ‘n besoek van AfriForum in die stad is inwoners meer oor grondonteiening ingelig.

“Dit is van kardinale belang dat alle grondeienaars en persone in beheer van grond, moet weet wat hulle te doen staan in die geval van ‘n grondbesetting,” vertel dr. Eugene Brink, strategiese raadgewer by AfriForum.

Brink en Charles Castle, Bestuurder by AfriForum, het raad gegee oor voorkoming, veiligheid, uitsetting sonder bevel, en verskeie ander probleempunte.

Voorkoming:

Dit is makliker en goedkoper om grondbesetting te voorkom as om in uitgerekte regsgedinge vir uitsetting betrokke te raak.

• Raak betrokke by jou plaaslike AfriForum-struktuur en/of veiligheidsmaatskappy.

• Wees paraat en bewus van alles wat op jou grond aangaan.

• Patroleer die area en versoek die buurtwag of veiligheidsmaatskappy om uit te kyk vir nuwe of vreemde strukture.

• Indien daar wel besetters op jou grond woon, bekom soveel moontlik inligting as moontlik oor hulle, byvoorbeeld naamlyste en ID-afskrifte, sodat persone wat nie daar hoort nie, maklik geïdentifiseer kan word.

• Pas streng toegangsbeheer toe. Moenie toelaat dat vreemdelinge jou grond as ‘n deurpad gebruik nie.

• Indien jy tydelik nie op die grond kan wees nie, reël alternatiewe toesig deur byvoorbeeld jou buurwag of veiligheidsmaatskappy. Moenie verkondig dat jy uitstedig gaan wees vir ‘n bepaalde tyd nie.

• Rekordhouding en die neem van foto’s van onbekende persone en voertuie in die omgewing is belangrik. Meld ook die datum, tyd en plek aan waar die persone of voertuie opgemerk is. Stel jou buurtwag of veiligheidsmaatskappy in kennis.

• Lê klagtes op die Wet op Vetreding, 1959 (Wet nr. 6 van 1959) by die polisie teen alle onregmatige betreders.

• Maak seker dat jy ‘n bewys van ontvangs met die beampte se rang, naam, van en magsnommer kry waneer jy die verklaring indien.

Uitsetting sonder bevel:

• Enige betreder moet gearresteer word, tensy hy of sy onversteurd verblyf geniet het in terme van die Wet op Betreding.

• Die eienaar of die persoon in beheer van die eindom moet die klagte by die polisie aanhanig maak.

• Indien die betreder onversteurde verblyf geniet, mag hy of sy nie uit ‘n huisvesting gesit word sonder ‘n hofbevel nie.

• Dit wil sê dat slegs wanneer die betreder van sy of haar betreding in kennis gestel is en ‘n klagte, volgens die Wet op Betreding, by die poisie aanhandig gemaak is, mag die struktuur afgebreek word en die persoon deur die polisie gearresteer word.

Wanneer die plakkers reeds ingetrek het:

• Indien die plakkers reeds gevestig het, met ander woorde onverstoorde verblyf geniet, betree hulle steeds en dit is ‘n misdaad.

• Indien plakkers reeds ingetrek het, sal ‘n uitsettingsbevel so spoedig moontlik by ‘n hof verkry moet word. Dit is makliker om ‘n uitsetting te kry in omstandighede waar die plakkers korter as ses maande op die grond is.

Besetting van openbare grond:

• Openbare grond soos parke en begraafplase word beset.

• In hierdie omstandighede kan die publiek nie die struktuur afbreek nie.

• Die aangewes roete om te volg is om klagtes by die polisie en munisipaliteit te lê. Die munisipaliteit moet ook verwittig word indien die plakkershut nie aan die bouregulasies voldoen nie.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button