Local NewsNews
Sê jou sê
Voortdurende kragonderbrekings is iets wat mense warm onder die kraag kan hê en Review wou hoor hoe dié onderbrekings inwoners se lewens affekteer.
POLOKWANE –

“Met die elektrisiteitspryse wat so duur is dink ek beter diens behoort aan die orde van die dag te wees. Indien daar werklik gewerk word aan die lyne kan ek dit verstaan maar waar ons bly is kragonderbrekings ‘n weeklikse storie.”

“Die diens kan verbeter en as hul vinniger terugvoer gee waarom die krag onderbreek word, dink ek mense sal meer tegemoedkomend wees oor die situasie. Ek wil net vooraf weet sodat ek voorsorg kan tref.”

“Ek kan verstaan dat daar soms aan die lyne gewerk moet word en dat die krag dus soms onderbreek word, maar hoekom meestal rondom 17:00 wanneer kos gemaak moet word, kinders moet bad en die gesin by die huis is? Dit krap die hele huishouding om.”

“Ek dink die munisipaliteit kan meer doen om seker te maak dat die krag nie so ontydelik onderbreek word nie.”

“Ons ervaar soms kragonderbrekings en hou glad nie daarvan nie. Ek verstaan dat hul soms die kraglyne moet diens en daarom die krag moet afsit om seker te maak niemand word beseer nie maar ek wonder net soms hoekom die krag so gereeld af is.”

“Ek glo nie enige iemand hou van kragonderbrekings nie maar wat anders moet die munisipaliteit doen as hul aan die kabels moet werk? Ek dink wel hul kan mense in kennis stel voor die kragonderbreking en dit dalk tot ‘n minimaal hou.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



