Bosveld NewsNews

Ronde rol in by HPP-wynveiling

Hoërskool Piet Potgieter se wynveiling is elke jaar ‘n spoggeleentheid en vanjaar was geen uitsondering.

MOKOPANE – Die rooitapytglansaand het gesorg vir goeie wyne vanuit die Wes- en Noord-Kaap wat opgeveil is tot middernag. Daar is gebie op 128 lotte, waarvan die duurste lot, lot 126 was, ‘n stille tender, wat vir R6 150 verkoop is.

Lees ook: [FOTO’S] Top wynveiling by Piet Pot

Die 200 gaste het verlede Donderdagaand hulle beste voetjies voorgesit op die rooitapyt voor die Pierneefsaal voordat hulle na binne is om saam te kuier en te smul aan ‘n heerlike driegangmaaltyd voorberei deur die gasvryheidsonderwysers, Lorina do Santos en Nicolene Venter saam met hulle gasvryheidsleerders.

Die wynveiling is ‘n jaarlikse fondsinsamelingsprojek van die skool wat vanjaar vir die sewende keer gehou is. Dit is die breinkind van die sakeman, CP van der Walt, sy vrou Gertru en Paarl Gimnasium.

Cobus Bekker, gewese Beheerliggaamvoorsitter en ouer van HPP, loer na een van die goeie wyne.

Jaco van der Wateren, seremoniemeester en organiseerder sê daar is ‘n mooi geskiedenis agter die veiling.

“Van der Walt en Paarl Gimnasium het oorspronklik met die idee vorendag gekom en alle wins verdeel. Na vier jaar moes HPP op eie stoom voortgaan nadat Paarl Gimnasium onttrek het. Dit is nou drie jaar wat ons dit op ons eie hanteer en alle wins kom 100% na die skool toe. Ek haal my hoed vir CP af. Hy is ‘n oud-leerder van die skool en sy kinders is ook nie meer op skool nie, maar hy is steeds deel van die geleentheid.”

Van der Wateren sê hy en CP gaan in Maart elke jaar na die wynlande om borge vir die wyn uit te soek en hulle bloot te stel aan die geleentheid. “Byna 96% van ons wyne kom uit die Wes-Kaap en die res uit die Noord-Kaap, Kalahari-gebied.”

Aan die einde van die aand was daar R277 050 in die skool se geldkas, maar uitgawes moet nog hieruit verhaal word. Jimmy Steele, Skoolhoof, bedank almal wat deel van die organisering was en die geleentheid ondersteun het.

lionel@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button