Nomineer die top besigheid in jou omgewing
Dit is weer tyd om die Besigheidskamer se top sakepersoon, nie-winsgewende organisasie, besigheid, welsynorganisasie of diens van die jaar te nomineer.
MOKOPANE – Andy Goetsch, President van Mokopane Besigheidskamer sê die Besigheidskamer vra die gemeenskap vir nominasies. Die nominasie moet vergesel word deur die naam en kontakbesonderhede van die genomineerde en nomineerder.
“Die sluitingsdatum vir nominasies is 10 Junie en die beoordeling sal die Besigheidskamer se verantwoordelikheid wees en sal as finaal beskou word. Ons pas groot vertroulikheid toe tydens die proses.”
Die dinee word gehou op 20 Junie by die Park Hotel en kaartjies kan by die Besigheidskamer se kantoor gekoop word teen R 250 per persoon. Vir enige verdere inligting of inhandiging van nominasies kontak die Mokopane Besigheidskamer by (015) 4918458.
IT is time to nominate the top businessperson, non-profit organisation, business, welfare organisation or service of the year.
Andy Goetsch, President of Mokopane Business Chamber, said the Business Chamber called on the community to have their nominations accompanied by the name and contact details of the nominee as well as the nominator.
“The closing date for nominations is 10 June and the assessment will be the Business Chamber’s responsibility and will be considered final. We apply great confidentiality during the process.”
The dinner will be held at the Park Hotel on 20 June and tickets can be bought at the office of the Business Chamber at R250 per person. For further information or submission of nominations, contact the Mokopane Business Chamber at (015) 491 8458.




