NewsSchools

Kruinies in kwartfinaal van Virseker Bekerreeks

Spoedvrate in die agterlyn en stoomrollers onder die voorspe­lers van Curro Heuwelkruin se eersterugbyspan het Saterdag gesorg dat hulle met ‘n sege teen Hoërskool Hoogenhout van Bethal, Mpumalanga slaag om hul plek in die kwarteind­ronde van vanjaar se Virseker Bekerreeks te verseker. Ofentse Maubane het drie keer agter die doellyn gekuier terwyl Atlenang Malete en …

Spoedvrate in die agterlyn en stoomrollers onder die voorspe­lers van Curro Heuwelkruin se eersterugbyspan het Saterdag gesorg dat hulle met ‘n sege teen Hoërskool Hoogenhout van Bethal, Mpumalanga slaag om hul plek in die kwarteind­ronde van vanjaar se Virseker Bekerreeks te verseker.
Ofentse Maubane het drie keer agter die doellyn gekuier terwyl Atlenang Malete en Rudolf Neuhoff elk ‘n drie gedruk het. Reece Wynne se skopskoen was nommerpas en hy slaag met ‘n doel- en strafskop. Kruinies was vuurwarm sedert spel begin het en het die wedstryd met 34-22 beklink in afdeling 3.
Kruinies draf Saterdag op hul tuisveld teen Hoër Tegniese Skool Carel de Wet van Vanderbijlpark uit.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Reece Wynne word omsingel.
Daniel Erasmus seil om sy opponent.
Opponente probeer Dylan Catto stuit.
Tino Ghakanyuka soek ‘n gaping om sy opponent te kierang.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button