Local NewsNews

Mokopane se ryk geskiedenis bewaar

Die bewaring van die dorp se geskiedenis lê Heili Grobler baie na aan die hart.

MOKOPANE – Heili, ‘n jarelange inwoner en besigheidsvrou, sê sy raak sommer emosioneel as sy aan die erfenisware dink wat in die Arend Dieperink Museum is. “Dit is vir my belangrik dat ons erfenis bewaar moet word.

Heili vertel sy en haar man, Piet, het Mark Slaghuis in 1982 ge-open. “Daar was destyds baie handelgedryf op die Stadsplein in die Voortrekkers se tyd. Dit was die saamkomplek vir boere en handelaars wat deur die dorp getrek het. Daar was ook ‘n Smidswinkel wat omgesien het dat perdehoewe beslaan en vervang word. Dit is ook vandaar die naam Mark Slaghuis.”

Heili sê in die tyd wat sy en Piet die slaghuis begin het, het sy een oggend nadat sy haar motor voor die destydse Stadsplein (nou die biblioteek) parkeer het, haar voet teen ‘n yster onder die Jakkarandabome gestamp. “Met nadere ondersoek het ek gesien dit is ‘n ou perdehoef en verder gegrou en op nog oshoewe afgekom. Na soveel jare vind ek dit kosbaar en het besluit om dit vir veiligebewaring aan die Arend Dieperink Museum te skenk. Ons dorp het inderdaad ‘n ryk geskiendenis wat ons moet bewaar.”

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button