BusinessNews

PNA bedink slim planne om kinders tydens vakansie besig te hou

Leerders kan hul krea­tiewe sappe die vakansie laat vloei en hulself produktief besig hou in plaas daarvan om einde­lose tyd voor die TV op die sofa te spandeer. In die lig hiervan het PNA in Mall of the North Saterdag ‘n demonstrasie van al hul beskikbare kunsprodukte in die winkel gehou en gewys wat daarmee …

Leerders kan hul krea­tiewe sappe die vakansie laat vloei en hulself produktief besig hou in plaas daarvan om einde­lose tyd voor die TV op die sofa te spandeer.
In die lig hiervan het PNA in Mall of the North Saterdag ‘n demonstrasie van al hul beskikbare kunsprodukte in die winkel gehou en gewys wat daarmee gedoen kan word in die vakansietyd of selfs oor naweke.
Verskeie leerders van die stad en elders het belangstellend vrae gevra en selfs van die tegnieke op die proef gestel.
“Ons demonstreer ‘n verskeidenheid idees en gee blootstelling sodat leerders die projekte op hul eie tuis kan doen en selfs na die winkel terugkom met vrae omdat ek wil hê kliënte moet tuis voel,” sê Elmarie Last, bestuurder.
Last het plaaslike kunstenaar, Elaine Harrison, na die demonstrasie genooi om advies te gee oor spesifieke kunstegnieke en vrae te beantwoord.

Storie en foto: ELNA ESTERHUYSEN
>>observer.elna@gmail.com

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button