Verdagtes in Chris Williams moordsaak kry borg
Die drie verdagtes wat vasgetrek is vir die moord waarin Chris Williams (32) verlede week voor sy huis in Chroompark doodgesteek is, is verlede Donderdag op borg vrygelaat.

MOKOPANE – Volgens Irene Masingi, Woordvoerder van Mokopane SAPD, is Kgabudi Ramaboya (20), Sello Donald Nkoana (31) en Ramabula Maumela (28) elk op borgtog van ‘n R1 000 vrygelaat.
Williams (32), het sy Honda-motorfiets op sy Facebookblad geadverteer en op die aand van 15 Januarie dit na bewering aan belangstellende kopers in sy motorhuis gewys. Dit is nog nie duidelik wat die gebeure hierna was nie, maar die motorhuisdeur wat opgefrommel was, dui op ‘n struweling tussen Williams en die verdagtes. Williams is verskeie kere met ‘n mes gesteek en het in sy motoroprit gesterf.
https://www.citizen.co.za/review-online/289351/moord-op-mokopane-inwoner-skok-gemeenskap/
Die drie verdagtes verskyn Donderdag, 14 Maart, in die Mokopane Landdroshof op aanklagte van moord en gewapende roof.




