Local News

Oosskool-leerder behaal derde plek by Wow Spelfees

Die oggend voor die nasionale spelkompetisie het die gr. 5-leerder Nianri Brand vir haar ma gesê sy dink sy gaan eerste geëlimineer word. Sy was gelukkig verkeerd.

POLOKWANE – Drie jaar gelede het Nianri Brand vir die eerste keer aan die Sanlam Wow Spelfees deelgeneem.

Sedertdien het haar liefde vir spel, lees en Afrikaans net gegroei.

Dié gr. 5-leerder van Oosskool het vanjaar ‘n derde plek in die nasionale eindronde van dié kompetisie behaal.

“Ek was 12de in Graad 2 en vyfde in Graad 3. In Graad 4 het ek nie deelgeneem nie,” vertel sy.

Met ‘n skalkse laggie erken Nianri dat dit voel asof sy oor die jare slimmer geword het.

“Dit is baie lekker om so goed te vaar. Ek het wel baie hard geleer daarvoor. Die prestasie wys vir my dat ek kan presteer as ek aanhou probeer.”

Sy het nie verwag om so goed te vaar nie en het selfs die oggend voor die kompetisie vir haar ma gesê dat sy dink sy gaan eerste geëlimineer word.

Haar voorbereiding het behels dat sy elke dag deur die woordelys gewerk het. Haar ma het haar soms ferm moes aanmoedig om te leer en het haar ook oor die woorde getoets.

By die skool het juffrou Sonja ná skool met ekstra oefeninge gehelp, vertel sy.

Volgens Nianri was ‘rots’ een van die maklikste woorde om te spel, terwyl ‘intuïsie’ haar behoorlik laat kopkrap het.

Langer woorde soos ‘koördinaatmeetkunde’ en ‘reënwaterafvoersloot’ het ook deel van die uitdaging gevorm.

“Die grootste uitdaging was die uitspraak van die woorde, aangesien jy die woord wil spel soos jy dit hoor. Dit was natuurlik ook uitdagend om kop aan kop met die laaste seun vir die derde plek mee te ding.”

Haar vorige deelname aan die kompetisie het haar geleer dat goeie voorbereiding ’n verskil maak.

“As jy beter voorbereid is, stres jy minder, aangesien jy weet hoe dinge werk.”

Nianri sê haar ouers motiveer en ondersteun haar die meeste.
Haar raad aan ander leerders wat ook aan spelkompetisies wil deelneem, is eenvoudig: sê die woord, skryf dit neer, spel dit en sê dit weer hardop.

“As hulle die woord verkeerd het, moet hulle die woord een keer met hul regterhand en een keer met hul linkerhand skryf,” is haar wenk.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Maretha Swanepoel

My name is Maretha Swanepoel and I have worked at the Polokwane Review since 2012. The decision to become a journalist came at 04:00 one Friday morning while watching news of bombings in Afghanistan and I realised I wanted to be there. Some years later, I decided to rather stay in South Africa and join the industry due to my love for writing and curiosity. Even though I can write all beats, I love human interest and community news with some schools added to the mix. Telling someone’s story and using my camera to make memories is a privilege. My interests include animals (especially dogs) and mental health. I like to spend my time with my dogs and a good book. My family is important and takes second place in my heart. God is always first.

Related Articles

Back to top button