Local NewsNewsUpdate

Mookgophong: Laerskool onnie wat leerder glo aanrand kry borg

Die onderwyser het na bewering 'n 17-jarige leerder van Hoërskool Hans Strijdom in die gesig met sy plathand en vuis geslaan

MOOKGOPHONG – ‘n Laerskoolonderwyser wat ‘n saak van aanranding om ernstig te beseer in die gesig staar, is uit op borgtog van R500. Die saak spruit uit ‘n voorval waar die onderwyser na bewering ‘n 17-jarige leerder van Hoërskool Hans Strijdom in die gesig met sy plathand en vuis geslaan het.

Lees meer: Onnie rand leerder glo aan by skool op Mookgophong

Die seun se ma het aan Bosveld vertel dat die onderwyser haar kind op Woensdag, 24 April, by die skoolkoshuis aangerand het. Die ma sê dis onaanvaarbaar dat haar kind te lyf gegaan is.

“Die onderwyser het my kind geslaan. Ek as ouer van drie kinders het nog nooit hulle deur die gesig geslaan nie.”

Die ma se identiteit word weerhou omdat die beweerde slagoffer nie geidentifiseer mag word nie.

Bosveld het Spikkels de Wet, die Skoolhoof van Hoërskool Hans Strijdom, gekontak.

Hy wou nie telefonies kommentaar lewer nie, en het versoek dat Bosveld hom kom sien.

Sam Makondo, Woordvoerder van die Departement van Onderwys, sê die departement wag nog vir ‘n gedetailleerde verslag van die distrik oor die bewerings, waarna die departement die voorval sal ondersoek.

Dit is belangrik dat ons albei kante van die storie kry om ons in staat te stel om toepaslike stappe te neem.”

Die onderwyser sal weer op 15 Mei in die hof verskyn.

Lees die volle berig in vandeesweek se Bosveld Review

bosjournalist@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button