NewsSchools
Pieties pak Ben Viljoen in Virsekerbeker-reeks
Benewens die Limpopo Skole Netbalkampioenskappe was daar ook meer as genoeg aksie vir rugbyliefhebbers toe Hoërskool Pietersburg (PHS) Hoërskool Ben Viljoen van Groblersdal Saterdag in die Virsekerbeker-reeks aangedurf het. Ben Viljoen het swaar onder Pieties se aanval gebuk gegaan. Slegs PHS se o.15B-span kon nie die mas teen Ben Viljoen opkom nie toe hulle 12-17 …

Benewens die Limpopo Skole Netbalkampioenskappe was daar ook meer as genoeg aksie vir rugbyliefhebbers toe Hoërskool Pietersburg (PHS) Hoërskool Ben Viljoen van Groblersdal Saterdag in die Virsekerbeker-reeks aangedurf het.
Ben Viljoen het swaar onder Pieties se aanval gebuk gegaan. Slegs PHS se o.15B-span kon nie die mas teen Ben Viljoen opkom nie toe hulle 12-17 verloor het. Die res van die spanne het hul goed van hul taak gekwyt. Die hoogtepunt van die dag was PHS se eerstespan se wegholsege van 50-17.
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



