Wat om nou in die tuin te doen
Adriene de Wit, tuinbouklublid het verlede week die volgende raad gegee aan lede oor wat hulle hierdie tyd van die jaar (Mei en Junie) in hulle tuine kan doen:
POLOWKANE – Adriene de Wit, tuinbouklublid het verlede week die volgende raad gegee aan lede oor wat hulle hierdie tyd van die jaar (Mei en Junie) in hulle tuine kan doen:
• Groot struike soos bv broodbome kan nou geskuif word sodat hulle wortels kan vestig voordat dit groeityd is as die lente aanbreek.
• Haal groente uit wat klaar gedra het, plant pietersielie, basiliekruid en oreganum, asook preie vir soppe en bredies.
• Kleurvolle winterbolle en plante kan by ingange en die voordeur geplaas word vir ‘n vrolike verwelkoming van gaste: violas, gousblomme, cinnerarias, viooltjies.
• Plant lobelias, primulas en cinnerarias.
• Sny plantvoeding, moenie Junie en Julie kunsmis toedien nie.
• Sny ook op besproeiing, en gee net in die oggende water.
• Gooi blare, skaafsels of neutedoppe as deklaag vir plante.
• Inheemse vrugtebome kan tot teen die einde van Julie gesnoei word. Moenie te vroeg snoei nie.
Lees meer: Spaar water in jou tuin
Tuinbouklublede is herinner aan die groot blommeskou tussen 31 Oktober en 3 November in Johannesburg. Vir meer besonderhede, kyk aanlyn by Johannesburgflower.com




