NewsSchools

[VIDEO] Peet Bredenkamp groet Suidskool na 27 jaar

Verskeie van die personeel en ook die beheerliggaam het aan Peet Bredenkamp wense van voorspoed uitgespreek op sy spesiale dag.

POLOKWANE – Na 27 jaar neem Peet Bredenkamp afskeid van Laerskool Pietersburg. Die geliefde skoolhoof was omring deur vriende, familie en ander skoolhoofde tydens sy afskeid.

Sy ma kon ook op die ouderdom van 87 die spesiale dag saam met hom spandeer.

Sy sê dit is ‘n groot voorreg om haar kinders ook saam haar hier te kan hê en om te sien wat dit vir Peet beteken. “Ek is dankbaar dat ek gespaar is om op 87, die dag saam met my seun te kon deel,” vertel Annetjie Bredenkamp.

Peet Bredenkamp en sy vrou Liana loop saam met sy ma Annetjie op pad na die onthulling van die nuwe skool lapa, wat na hom vernoem is.

“Ek is trots op my seun vir dit wat hy in sy loopbaan bereik het. Die grootste voorreg was om te beleef dat die Christelike waardes en liefde vir God, wat ek en my oorlede man aan ons kinders geleer, geleef en geglo het, ook by Peet teenwoordig is en dat mense daarvan kan getuig,” spog sy.

Dit was vir haar ‘n dag van vreugde, maar ook hartseer. Sy weet hoe trots sy pa op hom sou gewees het, Peet se pa was vir hom ‘n groot rolmodel.

Verskeie van die personeel en ook die beheerliggaam het aan Bredenkamp wense van voorspoed uitgespreek op sy spesiale dag.

Een van langstaande onderwysers van PLS, Annelie Vertongen

Johan Wilkon bedank Peet Bredenkamp namens die PLS beheerligaam

Peet Bredenkamp neem afskeid van die skool en plaas die leisels in die hande van Jacques Bartlett.

Lees meer in dié week se Polokwane Review.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button