NewsSchools

Kruinies-netbalspanne blink uit

Curro Heuwelkruin se eerste- en tweede netbalspanne het hul goed van hul taak gekwyt tydens vanjaar se netbalseisoen. Hul pad na sukses het in Mei begin toe Kruinies se eerste­span tydens die distrikfinale by Hoërskool Pietersburg (PHS) die gasheerskool met 28-19 geklop het. Die tweedespan het tydens dieselfde kompetisie vir Pieties 9-8 gewen. Kruinies se …

Curro Heuwelkruin se eerste- en tweede netbalspanne het hul goed van hul taak gekwyt tydens vanjaar se netbalseisoen.
Hul pad na sukses het in Mei begin toe Kruinies se eerste­span tydens die distrikfinale by Hoërskool Pietersburg (PHS) die gasheerskool met 28-19 geklop het. Die tweedespan het tydens dieselfde kompetisie vir Pieties 9-8 gewen. Kruinies se eerstespan is as distrikwenners aangewys en die tweedespan as ligawenners.
Die eerstespan ding in die Limpopo-semifinale weer teen PHS mee en seëvier 15-13, maar verloor stoom in die finaal teen Hoërskool Ben Vorster met ‘n telling van 13-20 wat hulle toe die titel as Limpopo naaswenners besorg het.
Kruinies se prestasie is dus steeds goed genoeg en hulle sal die provinsie tydens die Suid-Afrikaanse Topskole Netbalkampioenskappe van 18 tot 21 Julie verteenwoordig.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

 

Moya Leopeng van Kruinies se eerstespan soek ‘n gaping.
Kruinies se eerstespanspeler, Ashden Venter, gee die bal uit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button