NewsSchools

Suidskool neem afskeid van hoof, Peet Bredenkamp

Pietersburg Laerskool het Dinsdagoggend tydens ‘n funksie by die skool formeel van skoolhoof, Peet Bredenkamp, afskeid geneem. Om sy nalatenskap te herdenk is die sportlokaal na hom vernoem en sal voortaan as die Peet Bredenkamp Sportlokaal bekend staan. Die verrigtinge is deur hoofde van ander plaaslike skole, ouers, leerders en onderwysers bygewoon. Waarnemende hoof, Jacques …

Pietersburg Laerskool het Dinsdagoggend tydens ‘n funksie by die skool formeel van skoolhoof, Peet Bredenkamp, afskeid geneem.
Om sy nalatenskap te herdenk is die sportlokaal na hom vernoem en sal voortaan as die Peet Bredenkamp Sportlokaal bekend staan.
Die verrigtinge is deur hoofde van ander plaaslike skole, ouers, leerders en onderwysers bygewoon. Waarnemende hoof, Jacques Bartlett het gaste verwelkom terwyl leraar Wikus Malan die verrigtinge met skriflesing en gebed geopen het.
Leerkrag, Annelie Vertongen, wat die afgelope 27 jaar saam met Bredenkamp werksaam was, het hom namens die personeel gegroet. “Dit was ‘n eens in ‘n leeftyd geleentheid om saam met meneer te kon werk. Ons het so baie wys geword. Die einde van u loopbaan is nie die einde van u roeping nie, maar ons wens u ‘n rustige aftrede toe,” het sy gesê.
Beheerliggaamvoorsitter, Johan Wilken, het namens die ouers gesê dat alles in die lewe verander voortdurend en dat daar slegs drie se­kerhede in die wêreld is – die dood, die Drie-Enige God en verandering.
“Bredenkamp het sedert 1993 diep spore in Suidskool getrap en saam met verskeie onderwysers begin bou aan die skool se toekoms. Sy liefde vir geloof en taal het op ander begin groei en sy invloed op kinders, ouers en onderwysers is onberekenbaar,” het Wilken gesê.
Bredenkamp het tydens sy toespraak gesê dat alles wat gesien word, slegs genade is. “Ek het nie die woorde om die genade van die Here te verwoord nie. Om elke dag op ‘n plek te wees en saam met mense te wees vir wie ek lief is, is ‘n genadevoorreg. Elke oggend het ek vir Suidskool gebid – vir sy ouers, leerders en onderwysers. Vir solank as wat ek leef sal ek aanhou vir Suidskool bid,” het ‘n emosionele Bredenkamp gesê.
Die verrigtinge is met ‘n ete in die sportlokaal afgesluit terwyl leerders op die rugbyveld piekniek gehou het.

Storie en fotos: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Peet Bredenkamp by die gedenksteen nadat die sportlokaal na hom vernoem is.
Peet Bredenkamp knip die lint om die Peet Bredenkamp Sportlokaal amptelik te benoem.
Peet Bredenkamp spreek vir oulaas gaste en leerders toe.
Beheerliggaamvoorsitter, Johan Wilken tydens die funksie.
Jacques Bartlett sal as skoolhoof waar­neem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button