NewsSchools

Warm baadjies vir hokkiespelers

Die spanlede van Laerskool Pietersburg-Oos se o.11B- meisieshokkiespan sien, ten spyte van die winterkoue, uit na die nuwe seisoen en veral na wegwedstryde waarheen hulle die nuwe baadjies wat hulle onlangs ontvang het met trots kan dra. Die warm baadjies is deur Hyundai Polo­kwane geskenk en MC Linde, verkoopsbe­stuurder Imperial Select Hyundai Polokwane het by …

Die spanlede van Laerskool Pietersburg-Oos se o.11B- meisieshokkiespan sien, ten spyte van die winterkoue, uit na die nuwe seisoen en veral na wegwedstryde waarheen hulle die nuwe baadjies wat hulle onlangs ontvang het met trots kan dra.
Die warm baadjies is deur Hyundai Polo­kwane geskenk en MC Linde, verkoopsbe­stuurder Imperial Select Hyundai Polokwane het by die oorhandiging gesê hulle hoop die span en hulle afrigter, Suné Jacobs sal die winterkoue nou beter kan trotseer, veral as hulle moet reis vir wedstryde.
Linde het ook gesê Hyundai Polokwane loop reeds ‘n lang pad met die skool en die skenking bevestig die goeie samewerking tussen hulle. Jacobs het die borg bedank en gesê die baadjies sal handig te pas kom, veral omdat die span ook aan die Limpopo Skolehokkie Liga deelneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button