Local NewsNews

Twee verkool toe drie voertuie bots

Die polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag na ‘n botsing tussen drie voertuie op die R81 tussen Mooketsi en Giyani Vrydagaand waartydens twee mense verkool het. Provinsiale polisiewoordvoer­der, Moatshe Ngoepe sê twee Isuzu bakkies het in die rigting van Mooketsi gery toe hulle teen mekaar gebots en veroorsaak het dat een van die bestuurders …

Die polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag na ‘n botsing tussen drie voertuie op die R81 tussen Mooketsi en Giyani Vrydagaand waartydens twee mense verkool het.
Provinsiale polisiewoordvoer­der, Moatshe Ngoepe sê twee Isuzu bakkies het in die rigting van Mooketsi gery toe hulle teen mekaar gebots en veroorsaak het dat een van die bestuurders beheer verloor en trompop teen ‘n aankomende Ford Ranger gebots het.
Al drie die voertuie het in vlamme uitgebars. Twee insittendes van een van die Isuzu bakkies het verkool terwyl die twee insittendes van die ander Isuzu ongedeerd daarvan afgekom het. Die bestuurder en twee passasiers van die Ford bakkie is met ernstige beserings na ‘n hospitaal vervoer.
Die oorsaak na die botsing word steeds ondersoek en die proses om die oorledenes te identifiseer geniet tans aandag, volgens Ngoepe.
In ‘n afsonderlike voorval op die hoek van Diemeerstraat en Potgie­terlaan, is niemand beseer toe twee Volkswagen-voertuie Vrydagmiddag gebots en die een omgeslaan het. Volgens ‘n bron het een van die bestuurders waarskynlik ‘n verkeers­teken verontagsaam wat tot die botsing gelei het.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Die uitgebrande wrakke van drie voertuie op die R81 waarin twee mense verkool het. Foto’s: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button