Local NewsNews

Vind uit hoe om jou kind te motiveer

Hoe kan jy as ouer jou kind motiveer om aan te hou en nooit op te gee nie? Kom luister Dinsdagaand na Dr. Elsjé Jordaan, bekende sportafrigtingsspesialis

POLOKWANE – Onlangs is daar ‘n sportdrag-aantrek dag by Oosskool gehou, waar leerders kon aantrek soos hulle gunsteling sportster. Daar was soos rugby-, tennis-, netbal en hokkiespelers aangetrek.

Sommige sportsoorte wat buite skoolverband gespeel word soos motorwedrenne, ringbal en sokker, het ook hulle verskyning gemaak.

Sport is een van die mees belangrikste dinge wat mense van verskillende kulture, ouderdomme en tale saambring. Kyk maar na die Wêreldbeker rugby of Wimbeldon tennis.

Daar is soveel pappas wat reeds, nog voordat boeta gebore is, spog oor watter goeie rugbyspeler hul seun gaan wees. Mammas wat droom van dogtertjies geklee in pink ballerina rokkies. Ongelukkig is daar verskeie kinders wat begin met ‘n sportsoort, maar dan iewers langs die pad net moed opgee en dan ophou om deel te neem.

Hoe kan jy as ouer jou kind motiveer om aan te hou en nooit op te gee nie? Kom luister Dinsdagaand, 20 Augustus, om 18:00 na Dr. Elsjé Jordaan, bekende sportafrigtingsspesialis en pionier in die gebruik van digitale wedstryd analise. Sy gesels met ouers by Oosskool se saal en ingang is gratis.

Elsjé het haar eie maatskappy, Sportisimo, waar sy reeds meer as 15 000 netbalspelers en 2 000 afrigters deur haar hande gehad het.

Sy spesialiseer in die ontwikkeling en gebruik van digitale platforms, vir die opneem van wedstrydpatrone, asook die verwerking en verslagdoening van wedstrydtendense en -taktiek.

Elsjé was in haar loopbaan as netbalspeler gekies as kaptein van die Proteaspan en het die Noordwes-Universiteit se Alumnitoekenning vir sport in 2017 ontvang.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button