Local NewsNews

Grootskaalse skade toe boewe Suidskool teiken

In wat waarskynlik ‘n herhaling van twee jaar gelede se gebeure is toe inbrekers duisende Rand se skade tydens ‘n inbraak by Pietersburg Laerskool aangerig is, is dieselfde modus operandi gevolg toe daar verlede Donderdag by die skool ingebreek is. Volgens waarnemende hoof, Jacques Bartlett het die inbrekers gedurende die vroeë oggendure deur die dak …

In wat waarskynlik ‘n herhaling van twee jaar gelede se gebeure is toe inbrekers duisende Rand se skade tydens ‘n inbraak by Pietersburg Laerskool aangerig is, is dieselfde modus operandi gevolg toe daar verlede Donderdag by die skool ingebreek is.

Die hardeware van die kamerastelsel in water sodat alle beeldmateriaal vernietig sou word.

Volgens waarnemende hoof, Jacques Bartlett het die inbrekers gedurende die vroeë oggendure deur die dak van die administratiewe gebou toegang verkry. Hulle het deur die plafon gebreek en die alarmstelsel se kontrole-eenheid vernietig, volgens Bartlett.
Hy sê die inbrekers het waarskynlik ‘n hoekslyper gebruik om die kluis oop die sny. Kontant is gesteel en die kamerastelsel se hardeware is in water gegooi om alle beeldmateriaal as bewyse te vernietig.

Die alarmstelsel se kontrole-eenheid is vernietig nadat inbrekers toegang deur die dak gekry het.

Die inbrekers het daarna die diefwering by een van die vensters in die personeelkamer oopgesny om te vlug. Ongeveer R80000 se skade is gelei.
Volgens Bartlett was die vorige inbraak twee jaar gelede ook gedurende die skool se jaarlikse revue.
Maphure Manamela van die provinsiale polisie se kommunikasiesentrum kon teen druktyd nie die voorval bevestig nie.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button