Ekspo, draadkarre en baie kleur by Marné Ebersohn Akademie
Vrydag was ‘n spesiale dag vir leerders van Marné Ebersohn Akademie toe hulle die skoolkwartaal sonder lessenaars en boeke afgesluit het en reggestaan het vir ‘n draadkarresies en hul eie ‘colour run’. ‘n Ekspo is ook in die personeelkamer aangebied. Die draadkarresies is op ‘n spesiaal geboude baan met modderhindernisse gehou en poeierverf en wasbare …

Vrydag was ‘n spesiale dag vir leerders van Marné Ebersohn Akademie toe hulle die skoolkwartaal sonder lessenaars en boeke afgesluit het en reggestaan het vir ‘n draadkarresies en hul eie ‘colour run’. ‘n Ekspo is ook in die personeelkamer aangebied.
Die draadkarresies is op ‘n spesiaal geboude baan met modderhindernisse gehou en poeierverf en wasbare kleurstof wat die leerders self gemaak het, het verseker dat dié item alles behalwe vaal was.
By die ekspo het vier graadgroepe in die verskillende kategorieë deelgeneem en projekte gebou wat temas soos Diere wat bydra tot menslike genesing, Effek van water op kwaliteit van plante, kloning, genetiese afwykings en strukture ingesluit het.
Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com




