Tommies wys bestes op sportgebied aan
Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se jaarlikse sportprysuitdeling is verlede Dinsdag in die skoolsaal gehou waar die top sportseuns en -meisies vir hul prestasies gedurende die jaar vereer is. Die prestige-toekennings is aan Sunette Viljoen, Junior Sportmeisie van die Jaar, Mukhethwa Tshifura, Junior Sportseun van die Jaar, Mulalo Madida, Senior Sportmeisie van die Jaar en …

Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se jaarlikse sportprysuitdeling is verlede Dinsdag in die skoolsaal gehou waar die top sportseuns en -meisies vir hul prestasies gedurende die jaar vereer is.
Die prestige-toekennings is aan Sunette Viljoen, Junior Sportmeisie van die Jaar, Mukhethwa Tshifura, Junior Sportseun van die Jaar, Mulalo Madida, Senior Sportmeisie van die Jaar en JP Venter, Senior Sportseun van die Jaar oorhandig.
In atletiek is Eduaniq Harmse, Moloko Mokgawa, Mukhethwa Tshifura en Sunette Viljoen onderskeidelik as senior en junior Victor en Victrix Ludorum aangewys.
Op die rugbyveld het Jean-Louis Venter, beste stelskopper, Zian de Lange, bester vordering, Tshepiso Depela, beste o.16-speler en Alex Hamman, beste eerstespanspeler, met die trofeë weggestap.
Die meisies het ook hul beste voetjie voor gesit met Takalani Rakhumba en Christine Retief wat die trofee as Junior Netbalspele van die Jaar deel terwyl Moloko Mokgawa en Mulalo Madida dieselfde trofee as seniorspelers deel.
Sokkerspelers het ook gewys wat in hulle steek toe Lethabo Masedi, beste vordering, Nkosi Modisaotsile, Junior Sokkerspeler van die Jaar, Kganya Ledwaba, beste doelskoppe en Lethabo Masedi, Senior Sokkerspeler van die Jaar onderskeie toekennings ontvang het.
In krieket is Guido de Marre as Senior Krieketspeler van die Jaar aangewys met Jaen Mackie as beste junior krieketspeler.
Brendon Krüger, Andries Wolmarans en Marthinus Duvenhage is uitblinkers in jukskei en word onderskeidelik as beste senior jukskeispeler, toegewydste speler en mees ontwikkelde speler aangewys.
In ringbal word Christine Retief as Speler van die Jaar aangewys terwyl Henko Spies met die trofee as Boogskut van die Jaar weggestap het.
Willem Willemse se prestasie in fietsry het hom die trofee as Fietsryer van die Jaar besorg terwyl Cherise Swartz en Travis Anderson onderskeidelik as seun en meisie Swemmer van die Jaar aangewys word. Die langasem, Tshitangoni Mohlala is die beste landloopatleet.
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

























