Local NewsNews

Pak ‘n boks vir ‘n boervrou in nood

My naels is stomp afgebreek, my hande grof. Hierdie is bykans elke boervrou in die Karoo se storie. 'n Storie van hartseer, hoop, moedeloosheid, geloof en soms selfs mismoedigheid, wanhoop en woede.

POLOKWANE – Dit het maande, jare laas gereën. Die stof maak warrelwinde wat oor die Karoovlaktes draai. Die skape, wat nog oor is, staan in groepies bymekaar, met koppe wat hang. Die krippe is droog en my man het vanoggend nog ‘n vrag skape weg gelaai sodat ons kan geld kry om weiding aan te koop vir die skape wat oor is. Wat eens ‘n suksesvolle boerdery was, is vandag byna vernietig. Selfs die oeroue bome is dood.
So dikwels kry ek my man, kop onderste bo, waar hy die trane van sy wange afvee. Alles waaraan hy en sy familie so hard gewerk het, van vyf geslagte voor hom, gaan tot niet. Intussen is daar rekeninge wat betaal moet word, dit hoop op, maar daar is geen inkomste nie. Kruideniersware bestaan uit net die nodigste; eiers met bruin brood. Ek kan nie onthou wanneer laas ek ‘n lekker koppie boeretroos met boerebeskuit vir my man kon maak om hom te troos nie.
Ons kan nie meer arbeiders bekostig nie en ek moet self inspring as ons skaap bewerk. My naels is stomp afgebreek, my hande grof en ek smag na ‘n tydskrif om te lees.
Die wind waai, elke dag, maar die windpomp drup-drup net. Die boorgat is droog. Behalwe vir die paar lammers wat oor is, het ons alles verloor. Die reën bly weg. Die aarde is dor.

Hierdie is bykans elke boervrou in die Karoo se storie. ‘n Storie van hartseer, hoop, moedeloosheid, geloof en soms selfs mismoedigheid, wanhoop en woede. Die Karoo gaan gebuk onder ‘n droogte wat veroorsaak dat boere hulle familiegrond verloor. Diere wat nie gevoer word nie word verkoop om voer aan te koop.
Boks vir ‘n Boervrou is ‘n inisiatief wat ontstaan het nadat hierdie nood raakgesien is. Om deel te wees van hierdie projek, word lesers aangemoedig om ‘n skoenboks of selfs ‘n wynboks te neem en te vul met die volgende items:

  • Eetgoed (nie-bederfbaar).
  • Wasmiddels.
  • Koffie.
  • Kondensmelk.
  • Badkameritems.
  • Sjampoe.
  • Tandepasta.
  • Reukweerder vir hom en haar.
  • Tydskrif.
  • Lekkergoed wat nie smelt of breek nie.
  • Speserye.
  • Hawermout.
  • Pasta.
  • Tuna.
  • Dettol.
  • Watte.
Photo: Pixabay
  • Vitamine.
  • Bruistablette.
  • Penne en potlode.
  • Pleisters.
  • Pynpille.
  • Soppoeier.
  • Blikkies kos.
  • Tissues.
  • Haarrekkies.
  • Skeermesse.
  • Lipstiffie, maskara of ‘n mooi serpie.
  • Vatlap, vadoek of afdroogdoek.

Jy mag insit wat jou sak pas en die boks toedraai in bruinpapier of koerantpapier en ‘n lint opsit. Bokse moet teen Vrydag, 25 Oktober by Voorpos Makelaars, Schoemanstraat 7 afgegee word.
Lesers wat eerder net produkte wil skenk, kan dit voor 2 November by N.G. Kerk Bendor afgee. Hulle sal dit dan verpak.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button