NewsSchools
Tommies hou 34ste Marius Lengton atletiekbyeenkoms
Vyftien skole van regoor Limpopo sowel as buurprovinsies het Saterdag op Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se sportveld toegesak om aan die jaarlikse Marius Lengton Gedenkatletiekbyeenkoms deel te neem. Atlete van plaaslike skole soos die gasheerskool, Hoërskool Pietersburg, Northern Academy en Curro Heuwelkruin het mededingers van so ver as Afrikaanse Hoër Meisieskool (Affies), Hoërskool Warmbad, …

Vyftien skole van regoor Limpopo sowel as buurprovinsies het Saterdag op Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se sportveld toegesak om aan die jaarlikse Marius Lengton Gedenkatletiekbyeenkoms deel te neem.
Atlete van plaaslike skole soos die gasheerskool, Hoërskool Pietersburg, Northern Academy en Curro Heuwelkruin het mededingers van so ver as Afrikaanse Hoër Meisieskool (Affies), Hoërskool Warmbad, Hoërskool Eric Louw en Hoërskool Ellisras aangedurf.
Slegs twee rekords is vir die dag verbeter met Rinelda van der Linde, o.16, van PHS wat die gewigstootrekord van 13,51 m tot 14,86 m verbeter het.
Danel Niemann, o.17, van Hoërskool Nylstroom het ook die gewigstootrekord van 2017 van 13,30 m tot 14,13 m verbeter.
Die kompetisie tussen Pieties en Tommies was van hoë gehalte. Alhoewel PHS as algehele wenners van die dag aangewys is, het Tommies die seuns-afdeling gewen met Affies se meisies wat in hul afdeling geseëvier het.
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com
>>rc.observer@gmail.com





At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



