Kruinies wys bestes op sportgebied aan
Curro Heuwelkruin het tydens hul onlangse prysuitdeling die toppresteerders op sportgebied vereer. Die bestes se prestasies in hokkie, gholf, krieket, rugby, swem en tennis is met trofeë beloon. Gholfspeler van die Jaar is Jandré van Niekerk tewyl Karabo Monyemangene en Charmoné Oosthuizen die trofee as Hokkiespeler van die Jaar deel. In krieket is Grant Steynberg …

Curro Heuwelkruin het tydens hul onlangse prysuitdeling die toppresteerders op sportgebied vereer.
Die bestes se prestasies in hokkie, gholf, krieket, rugby, swem en tennis is met trofeë beloon.
Gholfspeler van die Jaar is Jandré van Niekerk tewyl Karabo Monyemangene en Charmoné Oosthuizen die trofee as Hokkiespeler van die Jaar deel.
In krieket is Grant Steynberg as Bouler van die Jaar aangewys met Juan Smith as Kolwer van die Jaar. Gerhard van Zyl is as Krieketspeler van die Jaar aangewys.
Juan het ook met die toekennings as Tennisspeler- en Rugbyspeler van die Jaar weggestap en deel ook nog die trofee as Rugby Sewesspeler van die Jaar met Grant Steynberg.
Miguel Pereira is die Swemmer van die Jaar.
Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com









