Polokwane het baie Bokse vir Boervroue, maar…
Die Boks vir Boervrou-projek, 'n landwye projek wat van stapel gestuur is om midde-in die droogte ook aan boervroue hoop te gee, is plaaslik ook goed ondersteun. Review ondersteun dié projek, en as jy enigsins kan help, kontak ons dringend.
POLOKWANE – Terwyl die meeste afsetpunte Bokse vir Boervroue in oormaat ontvang het, is daar egter groot nood in terme van die logistieke reëlings:
Review ondersteun dié projek, en as jy enigsins kan help, kontak ons dringend.
https://www.citizen.co.za/review-online/323838/pak-n-boks-vir-n-boervrou-nood/
Ons benodig:
• Iemand wat bereid is die bokse te vervoer, of vervoer te reël, om die bokse na droogtegebiede te vervoer, hetsy met ‘n bakkie, sleepwa of vragmotor.
• Iemand wat bereid is om ‘n afsetpunt te wees – waar ‘n motorhuis wat leegstaan of enige ander spasie nuttig kan wees om die bokse te stoor totdat vervoer beskikbaar is.
• Mense of organisasies in droogtegebiede wat die pakkies kan ontvang en uitdeel soos nodig.
Die Bokse vir Boervroue moet vervoer word na gebiede soos die Vrystaat, Noordwes, die Karoo, en ook na plekke in Limpopo.
Agtergrond:
Terwyl Polokwane lekker reën kry is daar steeds gebiede in die land, veral die Karoo, wat ‘n ernstige droogte beleef. Die boer en sy vrou, kinders en selfs uitgebreide familie se moraal is laag. Hulle is moedeloos. Omstandighede maak dit moeilik en sommige gesinne weet soms nie wat hulle daardie aand gaan eet nie. En die koskaste bly leeg. Tydens die Boks vir ‘n Boervrou projek is daar verskeie afsetpunte gewees waar mense bokse met benodighede asook bederfies kon afgee.
Kontak ons indien jy van hulp kan wees vir die boere en boervroue in ons land.
Indien jy kan help, skakel vir Maretha by 076 878 6724.





