Local NewsNews

Reuse skenking bring groot verligting in Mokopane

'n Skenking van drie ton kos met 'n waarde van R100 000 vanaf Solidariteit se Helpende Hand het verlede week groot verligting in Mokopane gebring.

MOKOPANE – Die vraag na kospakkies styg steeds skerp met 1 550 mense wat deur kleiner saamstaan-projekte voorsien word van kos en sowat 977 inwoners wat deur die Josef Silo’s projek gevoed word.

Besigheideienaars, werkers en selfs werkloses trek swaar weens die huidige swak ekonomie wat deur die Korona-pandemie veroorsaak is. Helpende Hand het verlede week ‘n skenking ter waarde van R5 miljoen vanaf die Douw-Steyn Familietrust ontvang, wat aangewend is in die aankope van kos wat in die land versprei is.

‘n Vragmotor laai die kos af wat voorsien is deur Solidariteit Helpende Hand.

Dertig ton daarvan, met ‘n waarde van R500 000 is op 9 Mei op Mookgophong afgelaai en versprei na verskeie streke. Hendriëtte Williams, organiseerder van Helpende Hand Mokopane, het die kos namens die Josef Silo’s ontvang.

Kos voorsien deur Solidariteit Helpende Hand.

Sy sê hoewel die kos in bokse verpak is, reg om ‘n gesin vir ‘n hele maand te voorsien, het die span van Josef Silo’s dit goedgedink om dit liewer in kleiner hoeveelhede te verpak, omdat die kos weekliks deur organisasies afgelewer word.

Hendriëtte Williams neem die kos in ontvangs.

“Hierdie skenking bring ‘n uitkoms aan baie mense in hierdie moeilike tye waarin ons leef. Baie dankie aan Solidariteit, Helpende Hand en ook die Douw-Steyn Familietrust wat met hierdie skenking dit moontlik gemaak het om gemoedere te lig en die silwer randjie te sien.”

Hester Nieman, organiseerder van Touch of Helping Grace, sê die Covid-19 virus het baie mense sonder ‘n inkomste gelaat.

Mieke Williams is bly baie mense kan nou smul aan voedsame kos.

“Ons staan met die hoed in die hand, ons spense is so te sê leeg en ons benodig donasies in alle vorme. Hierdie geregistreerde organisasie het ongeveer 267 gesinne wie hulle voorsien en benodig dringend skenkings en donasies om die nood te kan lig.Terwyl die nood hoog is in die gemeenskap, het die Kameeldoring Gholfklub sy hand oopgemaak met die “Feed a Caddie Project @ Kameeldoring Golf Club”.Die gholfjoggies het op 15 Mei hul pakkies met dankbare harte ontvang. Die gholfklub nooi almal wat wil deel wees van hierdie projek om hulle te kontak.

bosjournalist@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 066 326 2011

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button