Local NewsNews

Jong Xavier se operasie suksesvol

Aangesien die familie se mediese koste taamlik hoog is, sal hulle enige donasie waardeer.

POLOKWANE – Xavier Britz is maar skaars agt maande oud, maar moes reeds twee operasies aan sy mond ondergaan. Hy is op 14 November met ‘n gesplete lip en verhemelte gebore en het op 30 Junie sy laaste operasie ondergaan.

“Dit was ‘n lang operasie om sy verhemelte, neus en lip te herstel. Hy is 13:30 in die teater in en het eers om 16:45 uitgekom. Die dokter het ongelooflike mooi werk gedoen. Xavier mag nou vir drie weke glad nie bottel drink of selfs eet nie. Niks mag aan die sagte verhemelte raak nie. Die dokters sal tydens sy opvolgbesoek bepaal of die vel op die verhemelte geheg het,” vertel sy ouma, Elena Britz.

Die steke op sy lip is uitgehaal en ‘n mens kan geen litteken sien nie. Die steke op sy neus en verhemelte sal later van tyd oplos. Tydens sy opvolgbesoek gaan die hospitaalpersoneel vir sy ouers, Nicole Britz en Barry van Rooyen, wys hoe om sy lip te masseer. Sy volgende operasie sal eers weer wees wanneer hy 10 jaar oud is.  Tydens dié operasie gaan hulle been vanuit sy heup neem en sy harde verhemelte herstel,

https://www.citizen.co.za/review-online/432728/baba-xavier-sterk-mooi-aan-na-operasie/

Daar is ‘n spaarrekening vir Xavier gestig en die families waardeer enige donasie opreg.

Bankbesonderhede:

Capitec Bank

Xavier Britz

Rekeningnommer: 1662162152

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 066 326 2011

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button