NewsSchools

[KYK] Leerders en personeel neem standpunt in teen geweld

Pietersburg Laerskool en Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se leerders en personeel het vandeesweek swart aangetrek om saam met die families en slagoffers van gruweldade rou te betoon.

POLOKWANE – Die inisiatiewe volg op die moorde van Lizette Deacon en haar ma, Hettie, wat verlede Donderdagmiddag in hul meenthuis in Welgelegen aangeval en ontvoer is. Nadat ‘n klopjag van stapel gestuur is, het die polisie op die R37 buite die stad op Lizette se voertuig afgekom. Op die toneel het die polisie op die vroue se liggame in die motor afgekom. Albei vroue het verskeie steekwonde opgedoen.

Tom Naudé het Maandag, 14 September swart klere en bykomstighede gedra om hulle misnoeë te wys. “Ons wil die boodskap uitstuur dat enige geweld onaanvaarbaar is, hetsy in die skool, stad, land of wêreld,” het Vanessa Kachelhoffer, Waarnemende Hoof van Tom Naudé aan Review gesê.

By Pietersburg Laerskool het Waarnemende Hoof, Jacques Bartlett, inisiatief geneem deur leerders toe te laat om vir die hele week swart bykomstighede aan te trek. “Hierdie twee mense was deel van ons gemeenskap en hulle was baie betrokke by die skool. Dit raak naby aan die huis, wanneer gebeur dit nie met jou eie vrou en kinders nie?” het hy gevra.  

Alejandro Hermann wys sy steun teen geweld.

 

Die inisiatief van beide skole was ook om ‘n standpunt in te neem teen alle geweld in die stad.  

Lees meer in vandeesweek se Polokwane Review. 

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.

Related Articles

Back to top button