Local NewsNews

[ONTHOU] Meer Rand per liter vanaf Woensdag

Motoriste sal van Woensdag af meer moet opdok vir brandstof.

Die brandstofprys verhoog Dinsdagaand aansienlik en motoriste sal na verwagting 66c/l meer moet betaal vir petrol.

Diesel sal na verwagting met 57c/l toeneem, terwyl paraffien met ‘n geraamde 49c styg.

Die AA sê hoewel die Rand gedurende Februarie goed presteer het teenoor die Amerikaanse dollar, was dit te min om die prys verhoging van olie hok te slaan.

“Die internasionale olieprys lyk onstuitbaar. Ons is in ‘n reeks van agt weke met prysstygings, met nog geen teken van ‘n plafon nie,” merk die AA in hul verklaring op.

Die vereniging sê dat verhoogde ekonomiese aktiwiteit, wat moontlik gemaak is deur die wêreldwye ontplooiing van die Covid-19 entstof, die vraag en prys verhoog het.

Dit noem ook die impak van Saoedi-Arabië se besnoeiing, wat vanaf Februarie van krag is, van een miljoen vate olie per dag van sy produksieteikens bo en behalwe sy OPEC-verpligtinge.

“Totdat die vraag en aanbod in olie stabiliseer, sal meer verhogings waarskynlik wees. Ons kan nie vergeet dat April reeds sal begin met ‘n beduidende toevoeging van 26 sent per liter aan brandstofpryse as gevolg van die verhoging van die heffings van die Algemene Brandstof- en Padongeluksfonds nie, wat die Suid-Afrikaanse verbruikers nog meer moet toeslaan,” sluit die AA af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button