Local NewsNews

Ken jy vir Hetta?

Hetta kan moontlik langs jou kind in die klas sit, en sy het nou meer as ooit jou hulp nodig.

Solidariteit Helpende hand se #HelpHetta-projek help jong behoeftige meisies om die nodige sanitêre en higiëniese produkte te bekom.

Hetta is ’n doodnormale 13 jarige meisie. Sy sit langs jou dogter in die Gr. 8 Lewensoriënteringklas en speel in die onder 14 hokkiespan van die Hoërskool. Sy bloos saam met haar vriendinne in haar graad as die matriekseuns verbystap en gesels graag saam met die meisies oor die nuutste modes en haarstyle. – Solidariteit Helpende Hand

Hetta is gereeld afwesig by die skool en mis uit op belangrike toetse en take, soveel so dat dit haar skoolwerk en posisie in die hokkiespan beïnvloed. As jy vir Hetta vra waarom sy afwesig is antwoord sy met: “Sommer dinge by die huis.”

Ongelukkig is die waarheid dat Hetta se ouers nie sanitêre ware kan bekostig nie. Hetta kan enige meisie wees en volgens Hannie Viljoen, Hoof van Navorsing by Helpende Hand, kan die afwesigheid van hierdie produkte reusagtige gevolge op skoolgaande meisies se lewens hê.

“Daarom het Solidariteit Helpende Hand reeds in 2015 die #HelpHetta-projek van stapel gestuur om hierdie meisies van sanitêre ware en ander noodsaaklike higiëniese produkte te verskaf,” noem Viljoen.

Verlede jaar het Helpende Hand navorsing gedoen onder die meisies wat in 2020 deel uitgemaak het van die projek.

“Die doel van die navorsing was om te bepaal hoe hul profiel lyk, om hul behoefte aan opleiding in verskillende kwessies te ondersoek, asook die behoefte aan emosionele en geestelike ondersteuning te bepaal,” het sy gesê.

Viljoen gee die volgende kernpunte uit die verslag:

Die hoeveelheid laerskoolmeisies wat by die projek baat, word elke jaar meer en daarmee gaan baie uitdagings gepaard. Lees meer in vandeesweek se Polokwane Review oor hoe jy plaaslik kan deel raak van die projek.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group or Telegram channel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button