Local NewsNews

Polokwane-watervoorsieningstelsel toon verdere verbetering

Die Polokwane-watervoorsieningstelsel het 'n effense toename van 99% verlede week tot 99,3% vandeesweek getoon.

Die weeklikse verslag van die Departement van Water toon dat Limpopo se provinsiale waterberging stabiel is, al het dit afgeneem van 87,7% verlede week na 87,6% vandeesweek.

Volgens die departement se Woordvoerder, Sputnik Ratau, is die provinsiale wateropberging baie beter in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar toe die gesamentlike vlakke op 69,8% was.

Die departement het ‘n beroep op watergebruikers gedoen om steeds water spaarsamig te gebruik, veral nou dat ons nader aan die droë winterseisoen beweeg.

Die Polokwane-watervoorsieningstelsel, wat bestaan uit damme wat water aan Polokwane en omliggende gebiede lewer, het ‘n effense toename van 99% verlede week tot 99,3% vandeesweek getoon.

In dieselfde tydperk verlede jaar was die stelsel op 77,8%.

“Die twee damme in die stelsel, Flag Boshielo en Ebenezer, het hierdie week ‘n effense toename aangeteken van 100,3% en 95,7% verlede week tot 100,4% en 96,4% onderskeidelik hierdie week. Die Ebenezerdam het aansienlik verbeter in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar toe dit op ‘n skamele 21,8% was,” verduidelik hy.

Ratau sê ‘n ander watertoevoerstelsel in die provinsie, Luvuvhu met drie damme, is op 101,6% vandeesweek, wat ‘n afname van 101,9% verlede week is.

“Die stelsel was in dieselfde tydperk verlede jaar op 97,9%. Die damme in die Luvuvhu-watervoorsieningstelsel is ook in ‘n gesonde toestand. Die Nandonidam het vandeesweek ‘n effense afname gehad en is op 102% teenoor verlede week se 102,3%. Die Albasinidam het hierdie week ‘n effense toename aangeteken van 99,9% verlede week na 100,1% hierdie week,” voeg hy by.

Die Vondodam het ‘n effense toename gewys van 101% verlede week tot 101,2% hierdie week.

“De Hoopdam in die Steelpoortrivier bly onveranderd van verlede week se 97%. Hans Merenskydam het effens afgeneem van 102,5% verlede week tot 101,9% hierdie week. Middel Letabadam sukkel steeds om die gewenste watervlakke te bereik en het van verlede week se 12,2% tot 11,9% vandeesweek gedaal,” sluit hy af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button