Local NewsNews

Tiener se dood ‘n groot skok vir Mokopane-gemeenskap

Inwoners word uitgenooi om môre hul simpatie te betoon vir Hester Nieman en haar gesin. 

MOKOPANE – Die gemeenskap van Mokopane is in rou na die grusame afsterwe van die 16-jarige AJ Nieman op Sondag, 11 April.

AJ is die seun van Hester van die nie-winsgewende organisasie, Touch of Helping Grace.

Die seun is op ‘n tragiese manier oorlede by sy ouerhuis en het aan sy wonde beswyk. Meer hieroor in Donderdag se uitgawe van Bosveld.

In tussentyd het Hendriëtte Williams van Solidariteit Helpende Hand inwoners uitgenooi om Woensdag, 14 April vanaf 09:00 tot 17:00 hulle simpatie te kom betoon.

“Ons wil vra dat diegene wat graag eer wil betoon aan die merkwaardige gesin en ook aan AJ, iets soos ‘n briefie, kospakkie, bederfpakkie of selfs net ‘n blom voor Hester se kantoor in Geyserstraat 81 sal kom neersit.”

Hendriëtte sê dat sy deurgaans op die perseel sal wees vir toesig.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group or Telegram channel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.

Related Articles

Back to top button