
POLOKWANE – “By Oosskool word ons waardes geleer wat ons help om Osies met karakter te wees.”
Met hierdie woorde begin Oosskool se video wat ingestuur is vir die Projek Hoop kompetisie.
Video verskaf deur Danie Oosthuizen van VividPro
Goeie Nuus Fabriek se bestuurder, Erich Posthumus, het die skool geluk gewens wat tesame met Hexvallei Sekondêre Skool as die wenners van vanjaar se kompetisie uitgetree het.
“Sjoe! Julle video was waarlik uitstaande. Baie dankie aan elke ander skool en leerder vir jul puik deelname en die groot verskil wat julle gemaak het. Ons harte het warm geklop en trane van blydskap het dikwels oor ons wange gerol met elke video en opregte kinderharte wat omLoer gerus hier na hulle inskrywingsvideo:gee en uitreik. Julle is supersterre!,” het hy in ‘n plasing op Facebook gedeel.
Lees meer oor hulle projek in volgende week se Polokwane Review.




